Thor Heyerdahl

Thor Heyerdahl
Gebore (1914-10-06)6 Oktober 1914
Larvik, Noorweë
Oorlede 18 April 2002 (op 87)
Colla Micheri, Italië
Nasionaliteit Vlag van Noorweë Noorweë
Vakgebied Etnografie, avontuur
Alma mater Universiteit van Oslo
Doktorale promotor(s) Kristine Bonnevie
Hjalmar Broch
Toekennings Mungo Park-medalje (1950)

Thor Heyerdahl (6 Oktober 191418 April 2002) was ’n Noorse avonturier en etnograaf met ’n agtergrond in soölogie, botanie en geografie. Hy het bekend geraak vanweë sy Kon-Tiki-ekspedisie in 1947, waarin hy 8 000 km ver oor die Stille Oseaan geseil het in ’n met die hand geboude vlot – van Suid-Amerika tot die Tuamotu-eilande. Die doel was om te wys antieke volke kon oor lang afstand gevaar en kontak tussen verskillende kulture bewerkstellig het.

In Mei 2011 is die Thor Heyerdahl-argief by Unesco se "Memory of the World"-register gevoeg.[1] Dit dek die jare 1937 tot 2002 en sluit sy fotoversameling, dagboeke, privaat briewe, planne, koerantuitknipsels, ’n boek en artikels in.

  1. "New collections come to enrich the Memory of the World". Portal.unesco.org. Besoek op 1 September 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy